Free Clive

Thursday, October 7, 2010

Nuus van die komitee

Die bevry Clive Derby-Lewis Komitee, het op die 1ste Oktober 2010 'n uitgebreide veldtog geloods om steun te werf vir die bevryding van Mnr. Clive Derby-Lewis.

'n Suksesvolle betoging is reeds gehou op Maandagaand die 4de Oktober 2010 voor die gevangenis in Pretoria in die vorm van 'n Protesbraai. 'n Vyftagtal volksgenote het aan hierdie protes deelgeneem. Die tronk owerhede het duidelik kennis geneem van hierdie protes aangesien die tronk die polisie ontbied het. Die polisie moes egter die organiseerders gelyk gee dat daar niks onordelik aan die byeenkoms was nie en het gevolglik die protesteerders met rus gelaat om voort te gaan.

Die inbelprogram op Radio Pretoria, waar luisteraars die geleentheid gegun word om groeteboodskappe aan Clive te stuur, is 'n belangrikke faset van die veldtog, aangesien dit aan Clive toon dat daar wel steun is vir sy vrylating.

Dit het ook bekend geword dat dit Clive 'n paar honderd Rand per maand kos vir basiese lewensmiddelde soos toiletpapier, tandepaste ens in die gevangenis. Daarmee saam beloop Clive se regskostes ook reeds etlike duisende Rande. Gevolglik het die Bevry Clive Derby-Lewis komitee besluit om die Clive Derby-Lewis ondersteuningsfonds te skep. Ondersteuners word aangemoedig om bydraes tot hierdie fonds te maak, om so ook die finansiele las van Clive te help verlig.

Die Bevry Clive Derby-lewis veldtog het heelwat steun ontvang van organisasies, o.a Radio Pretoria, Die Verkenners en die Afrikanerfront.

Die veldtog sal op die 7de Oktober 2010 'n hoogtepunt bereik, met 'n eis wat aan Jacob Zuma oorhandig sal word vir die vrylating van Clive Derby-lewis. 'n Afskrif van hierdie eis sal ook aan al die ambesades in Suid-Afrika gestuur word.

Ben Geldenhuys
Woordvoerder
Bevry Clive Derby-Lewis Komitee

No comments:

Post a Comment