Free Clive

Monday, October 4, 2010

Bevry Clive Derby-Lewis



Media Verklaring
4 Oktober 2010
Bevry Clive Derby-Lewis

Op die 15de Oktober 2010 is dit reeds twee jaar sedert die paroolraad Clive Derby-Lewis goedgekeur het vir parool, maar steeds is hy in gevangenis.  Die gevolg van sy onregverdige gevangenisskap oor die afgelope twee jaar is dat die 74 jarige Clive Derby-Lewis nou in ‘n privaat hospitaal, vasgeketting aan ‘n hospitaalbed, vir sy lewe moet veg.  Dit volg nadat hy beseer is in die tronk en die wond medies so verwaarloos is, dat gangreen in sy been ontstaan het.  Weens die feit dat mediese sorg aan hom geweier is, is daar ‘n dringende hofaansoek gebring, sodat Clive privaat mediese sorg kan ontvang.  Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat Clive se gesondheid oor die afgelope twee jaar ernstig agteruit gegaan het en ly hy onder andere aan hoĆ« bloeddruk, velkanker, prostaatprobleme en het hy ook gangereen onder lede.
Indien Clive nie voorheen ‘n politieke gevangene was nie, is hy dit beslis nou, aangesien dit juis weens politieke inmenging is dat sy parool wat toegestaan is deur die paroolraad in 2008, steeds nie aan hom gegee is nie.  Dit is ook weens politieke inmenging dat hy nie amnestie ontvang het tydens die sogenaamde waarheid en versoeningskommissie proses van 1995 nie.
Die ANC se vennoot, die kommunistiese party (SACP) het in Junie 2010 verklaar dat Clive Derby-Lewis moet vrot in die tronk.  Dit laat die indruk dat die weiering van mediese sorg aan Clive en die gevolglike gangreen van sy wonde, ‘n manier is om te verseker dat daar uitvoering gegee word aan die regerende alliansie se sadistiese opdrag.
Hierdie skreiende onreg wat gepleeg word, mag nie ongesiens of onbeantwoord verby gaan nie. Daarom het die Bevry Clive Derby-Lewis komitee besluit om ‘n uitgebreide veldtog te loods om hierdie onreg aan te spreek.  Van die aksies wat geneem sal word, sluit o.a. in:
1.         Op Maandag 4 Oktober 2010 om 19h00, sal daar ‘n straatbraai gehou word voor die gevangenis in Potgieterstraat in Pretoria, om steun te wys vir die vrylating van Clive  Derby-Lewis.
2.                  Op Dinsdag 5 Oktober 2010, sal organisasies genooi word om hul steun te gee vir die bevrydingseis van Clive Derby-Lewis.
3.                  Op Woensdag 6 Oktober 2010, sal ‘n eis gestuur word aan Jacob Zuma, om Clive Derby-Lewis vry te laat. ‘n Afskrif van hierdie eis sal ook gestuur word aan al die ambassades in Suid-Afrika.  
Verskeie ander aksies sal ook geloods word en organisasies word ook genooi om hulle eie aksies te loods in hierdie verband. Inligting sal geplaas word op hierdie webskakel: http://clivederbylewis.blogspot.com/       
Die uwe,
Ben Geldenhuys
Namens:  Bevry Clive Derby-Lewis Komitee

No comments:

Post a Comment