Free Clive

Thursday, October 7, 2010

Clive Derby-Lewis, slagoffer van Kommunisme

Clive Derby-Lewis is ’n blanke slagoffer van die stryd van terrorisme wat Rusland, China en in ’n minder mate, Kuba, in die laaste drie dekades van die vorige eeu met behulp van Zionistiese finansierders in Suider-Afrika ontketen het. Wat hy gedoen het wil ’n mens nie noodwendig goedpraat nie, maar as Nelson Mandela ondanks die bloed aan sy hande as ’n held uit daardie bloedige periode kon getree het, kan Derby-Lewis ook.
Hy het inderwaarheid die slagoffer geword van ’n onverklaarde oorlog waarin die blanke se politieke vyand feitlik elke reël van die Geneefse Konvensie verbreek het, soos wat genl-maj. Herman Stadler dit in sy trefferboek “The Other Side of the Coin” uitgebeeld het.
Die verhaal van die man se siekte, wat die afgelope aantal dae in die media ontvou het, vertel die verhaal van ’n man wat aan die verkeerde kant van die politiek van die dag, in ’n tronk beland het wat ná sewentien jaar vir hom ’n heltronk geword het. G’n wonder sy politieke vyande het ná ’n vorige mislukte paroolaansoek van Derby-Lewis gesê: “Let the man rot in jail!”
Die feit dat hy in ’n bedenklike toestand in die hospitaal opgeneem is nadat sy familie en regsverteenwoordiger moes ingryp, spreek boekdele oor die  onmenslikheid van die ANC se tronkowerheid.
Dit herinner ’n mens aan die onmenslikheid wat in die ANC se “struggle” kop uitgesteek het, en waarin Nelson Mandela ook ’n beduidende rol gespeel het. Hierdie onmenslikheid het weer eens kop uitgesteek toe Derby-Lewis enkele dae gelede ’n noodoperasie moes ondergaan as gevolg van die gangreen
wat hy opgedoen het nadat hy in die tronk oor ’n bed geval het. Twee tronkamptenare het in die operasieteater rondgestaan en die mediese personeel in die wiele gery. Nadat sy regsverteenwoordiger daaroor beswaar gemaak het, het hulle die operasieprosedure deur ’n venster dopgehou. Sy prokureur het dié optrede as onnodig bestempel. 
“Clive is 74 en hy sal nie vlug nie. Die hofbevel ingevolge waarvan hy in die hospitaal opgeneem is, het gelui dat hy onverhinderde behandeling moet ontvang. ’n Groeisel aan sy voorkop het ook gedui op moontlike velkanker.
Met ons ter perse gaan was dit nie duidelik hoe Derby-Lewis op die behandeling gereageer het nie.

- Ray Wagner

No comments:

Post a Comment